1 Die veld

1.1 Die speeloppervlak moet veilig wees.

1.2 Die toegelate oppervlaktipes is gras, sand, klei, sneeu of kunsgras (wat aan Wêreldrugby se Regulasie 22 voldoen).

1.3 Die afmetings van die speelgebied wat op die velddiagram aangetoon word.

Die veld

AfmetingsLengte van speelveldLengte van doelgebiedBreedte
Maksimum (meter)1002270
Minimum (meter)94668

a. Die speelgebied het 'n reghoekige vorm.

b. Enige afwykings van hierdie afmetings moet deur die betrokke unie vir plaaslike kompetisies of deur Wêreldrugby vir internasionale wedstryde goedgekeur word.

c. Indien die lengte van die speelveld minder as 100 meter is, word die afstand tussen die 10-meter- en die 22-meterlyn dienooreenkomstig verminder.

d. Indien die breedte van die speelgebied minder as 70 meter is, word die afstand tussen die 15-meterlyne dienooreenkomstig verminder.

e. Die omringende gebied moet nie minder as vyf meter breed wees nie, indien prakties moontlik.

Lyne

1.4 Daar is soliede lyne in die konfigurasie wat op die velddiagram aangetoon word. Die soliede lyne is op:

a. Die doodlyne en die doelgrenslyne.

b. Die doellyne.

c. Die 22-meterlyne.

d. Die middellyn.

e. Die grenslyne.

1.5 Daar is stippellyne in die konfigurasie wat op die velddiagram aangetoon word. Elke stippel binne die stippellyn is vyf meter lank. Daar is stippellyne:

a. Vyf meter vanaf, en parallel met, elke grenslyn.

b. 15 meter vanaf, en parallel met, elke grenslyn.

c. 10 meter vanaf, en parallel met, elke kant van die middellyn.

d. Vyf meter vanaf, en parallel met, elke doellyn.

1.6 Daar is een lyn 0,5 meter lank wat die middelpunt van die middellyn sny.

Doelpale en dwarslat

1.7 Indien daar opgestopte kussings aan die doelpale aangebring is, moet die afstand van die doellyn tot by die buiterand van die kussing nie 0,3 meter oorskry nie.

Doelpale

Vlagpale

1.8 Daar is 14 vlagpale met vlae, elk met 'n minimum hoogte van 1,2 meter.

1.9 Een vlagpaal is by elke snypunt van die doelgrenslyne en die doellyne en een by elke snypunt van die doelgrenslyne en die doodlyne geposisioneer (altesaam agt vlagpale).

1.10 Een vlagpaal is in lyn met die 22-meterlyn en die middellyn aan weerskante van die veld geposisioneer, twee meter buite die grenslyne en binne die speelperk (altesaam ses vlagpale).

Besware teen die veld

1.11 Spanne moet die skeidsregter inlig omtrent enige besware voor die wedstryd begin.

1.12 Die skeidsregter sal poog om die kwessies op te los en sal nie die wedstryd begin indien enige deel van die veld as onveilig beskou word nie.